Vloeibare lug

'n Vuurpyl word gelaai met vloeibare suurstof, wat kortweg LOX, van die Engels "liquid oxygen" genoem word.

Water verander in stoom wanneer dit gekook word. Stoom kondenseer (verander terug in water) by 100 °C. By omtrent -200 °C kondenseer gewone lug ook tot 'n vloeistof: vloeibare lug. Mense wat in nywerheidsgebiede woon, het seker al soms die spesiale tenkwaens gesien waarmee vloeibare suurstof (wat van vloeibare lug gemaak word) vervoer word. Die pype en kleppe van hierdie tenkwaens is met ys bedek.

Die ys word gevorm vanweë die lae temperatuur van die vloeistof in die tenk, wat die waterdamp in die lug laat kondenseer en verys. Sekere soorte gas, bv. chloor, ammoniak en swaweldioksied, kan in vloeistof verander word deur dit teen normale temperature saam te pers. Talle ander gasse, insluitende die in die lug, moet egter afgekoel word. Druk alleen is nie genoeg om dit in 'n vloeistof te laat verander nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search